Tienergeweld

Vir die doel van die artikel is die definisie van geweld ‘n doelbewustehandeling om iemand anders seer te maak. Geweld is ‘n groot probleem onder tieners en adolessente.

 In Suid-Afrika is daar toenemende verslae van geweld wat deur jong mense veroorsaak word. Daar is egter nie ‘n enkele verklaring vir die toename in tienergeweld nie. Verskeie faktore dra by tot gewelddadige gedrag, onder meer:

  • Groepsdruk en/of ideologiese rasionalisering
  • Behoefte aan aandag of respek
  • Gevoelens van lae selfwaarde
  • Mishandeling (insluitend verwaarlosing) tydens vroeë kinderjare
  • Aanskouing of belewenis van geweld in die ouerhuis en gemeenskap
  • Vrye of maklike toegang tot wapens
  • Gebrek aan vaardighede om emosies te hanteer

 Wat veroorsaak dat ‘n persoon iemand anders skop, slaan, steek of ‘n vuurwapen rig en afvuur? Wat veroorsaak dat ‘n jongmens hom- of haarself geweld aandoen?

 Daar is geen eenvoudige antwoord op die vrae nie. Dit kan ‘n vorm van uitdrukking van emosies soos woede of frustrasie wees. Die jongmens voel daar is geen oplossing vir hul probleme nie en gebruik dan geweld om uitdrukking te gee aan alles wat buitebeheer voel. Geweld kan ook ‘n vorm van manipulasie wees, om ander te beheer of iets te kry wat hy of sy wil hê. Geweld word ook gebruik as ‘n vorm van wraak of weerwraak.

 Aangesien daar nie ‘n enkele oorsaak vir geweld is nie, is daar ook nie ‘n eenvoudige oplossing om die gedrag af te leer nie. Die belangrikste bydra wat jy vandag kan lewer is om die gevaartekens van geweld raak te sien en hulp te soek vir jouself of die vriend/in met die probleem.

 Hoe om die gevaartekens raak te sien

 Mense tree soms gewelddadig op wanneer hulle sukkel om hul eie emosies te beheer. So ‘n persoon kan ander seermaak. Ander dat hulle hul probleme kan oplos en respek afdwing deur geweld. Dit is nie waar nie. Gewelddadige mense verloor respek. Hulle word geïsoleer en mense hou nie van hulle nie en dan voel hulle steeds kwaad en gefrustreerd.

 Daar is ‘n ernstige risiko vir geweld as die volgende gevaartekens teenwoordig is:

  • Verloor humeur daagliks
  • Gereelde fisiese bakleiery
  • Ernstige vandalisme en beskadiging van eiendom
  • Toenemende misbruik van alkohol en dwelms
  • Toenemende risikogedrag
  • Gedetaileerde planne om geweldadig op te tree
  • Dreigemente en planne om ander mense te beseer
  • Genot in dieremishandeling
  • Konstante dra van ‘n wapen

Ander rooi ligte wat gewoonlik oor ‘n verlengde periode waarsku is:

  • Geskiedenis van aggressiewe en gewelddadig optrede
  • Ernstige misbruik van alkohol en dwelms
  • Bende aktiwiteit
  • Onttrekking van vriende en gewone aktiwiteite
  • Gevoelens van eensaamheid en verwerping
  • Om die slagoffer van ‘n geboelie te wees
  • Swak skoolprestasie
  • Geskiedenis van probleme met die gereg
  • Gebrek aan erkenning van ander se gevoelens en basiese regte

 As jy iemand ken wat hierdie gevaartekens toon, moet jy eerstens na jou eie veiligheid omsien. Vertel iemand wat jy vertrou en respekteer van jou besorgdheid en vermoedens. Dit kan ‘n familielid, ‘n berader, onderwyser/es, sielkundige, predikant of vriend wees.

 Om kwaad te word is ‘n menslike deel van die lewe, maar jy het nie nodig om deel te wees van ‘n gewelddadige kringloop nie. ‘n Professionele persoon sal die gewelddadige persoon help om die volgende te doen:

  • Woede te hanteer
  • Om te leer om hulself kalm te kan uitdruk
  • Om te leer om oor gevoelens te praat
  • Om na ander te luister
  • Om te leer onderhandel

 Die sleutel tot die hantering en beëindiging van geweldadige gedrag is om hulp te kry. Dit sal nie vanself weggaan nie en jy kan dit nie alleen te hanteer nie. Jy hoef nie gebuk te gaan onder skuldgevoelens, hartseer en frustrasie wat van alle kante kom nie. Ek wil jou aanmoedig om aan te hou hulp soek, totdat iemand luister.  

 



"We pray that we will be able to help people to see the grace of God and to reach their full potential through our Ministries."


" We are committed to help people to come in a dynamic relationship with God, because then they will be at peace with themselves and they will be able to work at their relationships with others."

Wynand & Barbara Louw, Founders of ITN.


"My personal goal is to encourage al least one person a day and I know that will make a difference."
Barbara Louw CEO for ITN.

 

Nexus Nuus*News