![]() |
Om ‘n terapeut te kies Jy voel goor
en jy sukkel om uit ‘n gat te kom, want jy weet nie hoe om te
‘cope’ nie. Vriende het voorgestel dat jy hulp kry en nou oorweeg jy
net dit. Waar begin ‘n mens? Hoe kies ‘n mens die ‘regte’
terapeut? Net soos wat ‘n mens nie sommer bevriend raak met elke Jan Rap en sy maat nie, moet ‘n mens oordeelkundig te werk gaan as jy vir raad wil gaan aanklop. Dit is
‘n feit dat baie mense bang is om beradingshulp te soek, omdat hulle
vroeër negatiewe ervarings gehad het. Dit is belangrik om nie te
aanvaar dat enige berading sommer dadelik, vir alles, gaan werk nie. Dit
is so belangrik dat ‘n mens die beste beskikbare terapeut vind om met
‘n spesifieke probleem te help. Ek loop maar lig vir diegene wat
voorgee dat hulle alles van alles weet en dat hulle almal kan help. Die
eerste belangrike aspek van ‘n suksesvolle terapeutiese proses is dat
jy die terapeut sal vertrou en gemaklik sal voel. Dit beteken dat jy
nodig het om eers na te dink wie jy vertrou. Dit sluit aspekte soos
voorkeur taal, geslag, wêreldbeskouing en godsdiens. Koste is
‘n ander belangrike aspek. Skakel gerus die persoon wat jy oorweeg om
te gaan sien en vra oor die volgende: ·
Die fooie ·
Werk die
persoon op ‘n lang- of korttermynbasis (Indien jy net vier sessies kan
bekostig is dit nie sinvol om iemand te sien wat op ‘n langtermynbasis
werk.) ·
Die
betalingmetode wat verkies word. ·
Wat hul
benadering ten opsigte van terapie is. ·
Hul
ondervinding in die hantering van die spesifieke probleem wat jy ervaar. ·
Vra al die
ander vrae waaroor jy sterk voel, soos byvoorbeeld godsdiens. Wanneer
jy al hierdie inligting het, kan jy tyd neem om na te dink oor die
gesprek en dan kan jy besluit of jy die terapeut weer skakel vir ‘n
afspraak. Die
eerste sessie by die terapeut is ‘n assesseringsessie. In die sessie
besluit die terapeut of jou behoefte binne hul professionele
kundigheidsveld val. Die persoon kan dus besluit om jou te verwys na
‘n meer geskikte terapeut. In die
eerste sessie doen jy jou eie assessering. Jy kan besluit of jy die
terapeut kan vertrou en of jy gemaklik is met hom/haar. Hou jy van die atmosfeer en die
wyse wat jy behandel word? Het die terapeut na jou behoefte geluister en
vind jy aanklank by die terapeut se persoonlikheid? Die
regte hulp, op die regte tyd kan jou lewe verryk en jou help groei na
‘n meer gelukkige lewe, met gesonde verhoudinge.
|
Wynand & Barbara Louw, Founders of ITN.
|