![]() |
Psigiatriese Opnames Paastyd
is ‘n tyd wanneer
families en gesin ‘n bietjie meer tyd saam kan geniet. Dit is ook die
tyd wanneer Inter Trauma Nexus ‘n hele paar oproepe ontvang van mense
wat voel ‘n familielid het dringend hulp nodig. Die familielid het
gewoonlik ‘n geskiedenis van geestesongesteldheid, gebruik die
nodige medikasie en is ‘n buitepasiënt van ‘n toepaslike instelling. Die
meeste psigiatriese toestande kan effektief op ‘n buitepasiënt-basis
bestuur word. Daar is egter situasies waar meer intensiewe
geestesgesondheidsorg nodig mag wees. Die vraag is egter hoe moet ek
weet waar om te begin en wat die toepaslike stappe sou wees? Ons
eerste aanbeveling is om die persoon se geneersheer/huisarts te kontak
indien daar rede tot kommer is. Die dokter ken die gesin se
gesondheidsgeskiedenis en is gewoonlik op hoogte van die familielid se
behandelingsgeskiedenis. Dit is ook die aanbevole persoon om die nodige
verwysings na ‘n psigiater of sielkundige te maak. Die
dokter sal, stap vir stap, verduidelik wat gedoen moet word om te
verseker dat die familielid die nodige hulp kry. Die
moeilike stap is soms om die familielid te help om te verstaan dat hy/sy
hulp nodig het. Dit is wenslik dat die persoon vrywillige sal instem om
opgeneem te word by ‘n geestesgesondheidsorgfasiliteit. Dit is
ongelukkig nie altyd moontlik nie en die dokter sal waardevolle advies
in die verband gee. (Die nuwe Geestesgesondheidsorg Wet wat op 15
Desember 2005 inwerking gekom het, is van toepassing) Die
werklikheid is dat mense nie noodwendig die vaardighede het om
byvoorbeeld ‘n ongedissiplineerde persoon, ‘n persoon wat drank of
medikasie misbruik of ‘n persoon wat gewelddadig optree te hanteer nie.
Dit is tog belangrik om te verstaan dat alle gevalle waar menslike
verhoudings gespanne raak, beteken nie dat iemand in ‘n “kliniek”
opgeneem moet word nie. As
dit onstuimig gaan by u familie-byeenkoms kan u die volgende doen:
|
Wynand & Barbara Louw, Founders of ITN.
|