Grense in Verhoudings

Die doel van die gids is om jou te help om na te gaan hoe die grense in jou verhoudings lyk.

A

B

Gesonde grense

Sonder gesonde grense

Voel bang – verwag krisisse – verwag altyd dat die ergste gaan gebeur

Voel veilig – goed gevestig – kan die lewe se opdraandes en afdraandes hanteer

Dit is moeilik om “nee” te sę

Kan perke stel en “nee” sę

Verander jou mening, gedrag en opinie om vriende te plesier en weerhou jou eie gevoelens

Bly getrou aan jouself en poog om oplossings te vind waar almal met respek en waardigeheid ‘n eie mening kan handhaaf.

Maak verskonings en uitsonderings vir vriend/e se gedrag

Is aanpasbaar en verantwoordelik en verwag dat ander ook aanpasbaar en verantwoordelik sal wees

Is vaag en onseker oor keuse, voorkeure en menings – twyfel gereeld of jy “reg” is en dinge “reg” doen

Voel seker dat jy goeie keuses maak en kan optree volgens

Ander mense laat jou goed of sleg oor jouself voel

Jy neem verantwoordelikheid vir jou eie wense en behoeftes

Jy gebruik verwyte, intimidasie of gedurige ondervraging om jou vriend/e te verander

Jy druk jouself uit is “ek” boodskappe

Jy is meer gefokus op vriend/e se behoeftes en gevoelens as op jou eie

Jy weet wat jou behoeftes en emosies is en jy poog om jouself te versorg

Jy voel gedurig dat jy uitgebuit word, maar word nie kwaad daaroor nie

Kan gesonde woede uitgespreek en weier om uitgebuit word en ‘n slagoffer te wees.

Voel jy dat jouself fisies uit die situasie moet verwyder om veilig te kan voel

Jy kan betrokke bly by mense en steeds veilig voel

Jy maak intuďsie of as sinnelose voorgevoelens

Jy is bewus van jou intuďsie en kan oordeelkundig daarop reageer

Sal deel neem aan ongemaklike/onwenslike seksuele toenadering, sodat jy aanvaar en bemin kan voel

Behou jou seksuele integriteit ten alle tye

Probeer jou eie behoeftes bevredig deur konstant dinge vir ander te doen en met ‘n “ek-dien-jou-manipulasie” te beweeg

Laat nie toe dat ander jou manipuleer nie en jy poog ook nie mense te manipuleer nie.

Vermy die waarheid, sodat jy pyn kan vermy

Is gewillig om tydelike pyn en frustrasie te beleef as deel van groei in die lewe

Merk die toepaslike kolom en tel die totale op. As die totaal in kolom A 6 of meer punte is die grense in jou verhoudings ‘n aangeleentheid wat aandag nodig het. Ek wil jou nooi om aan ons te skryf as jy enige vrae het of hulp nodig het.   



"We pray that we will be able to help people to see the grace of God and to reach their full potential through our Ministries."


" We are committed to help people to come in a dynamic relationship with God, because then they will be at peace with themselves and they will be able to work at their relationships with others."

Wynand & Barbara Louw, Founders of ITN.


"My personal goal is to encourage al least one person a day and I know that will make a difference."
Barbara Louw CEO for ITN.

 

Nexus Nuus*News