![]() |
Respek vir my klient Soms lyk dit vir my asof mense sommer net wegraak in ons pogings om hulp aan
hulle te verleen. Ons praat, heel professioneel, van die kliënt, geval
of pasiënt. Ek het onlangs die onaangename ervaring gehad om, na ‘n ongeluk, verwys te
word na ‘n radioloog. Ek het soveel pyn gehad en moes vir meer as sewe
ure vir ‘n afspraak wag. Dit was alles goed en wel, totdat die
ontvangsdame my heen en weer gebied het. Vir haar was ek net “’n
indruk-pasient, wat haar dag deurmekaar kom krap het”. Kan jy nog onthou waarom jy die beroep gekies het waarin jy staan? Waarom
het jy gehoor gegee aan jou lewensroeping? Was dit om ‘n verskil te
maak aan mense se lewens? Hoe is dit dan moontlik dat mense vir jou ‘n
irritasie en frustrasie geword het? Die grootste redes vir spanning en emosionele uitputting wanneer ons met
mense werk is finansiële druk, moeilike mense, isolasie en ‘n
onrealistiese werkslading. Daar is ook diegene onder ons wat gebuk gaan
onder die druk van die “stigma” geassosieer met hul beroep en ‘n
ernstige persoonlike identifikasie met die lyding van die mense waarmee
hul paaie daagliks kruis. Met ander woorde, ons verloor onsself en ons
visie in die harde realiteit van die sorge van die lewe. As ek vandag saam met jou kon sit en kuier sou ek graag wou sê: “Wanneer
jy weer na jouself begin omsien en jouself meer kan waardeer vir wie jy
is, sal jy mense in ‘n ander lig sien.” Groete Barbara |
Wynand & Barbara Louw, Founders of ITN.
|